Gratis Pudo-aflewering op aankope van R500.00 en meer! Gebruik die kode: [PHASE2GRATIS]
Hierdie kleurvolle Afrikaans bewustheidsplakkaatbundel help kinders om mekaar beter te verstaan en met meer empatie, vriendelikheid en begrip op te tree. Die plakkate verduidelik verskillende maniere waarop kinders leer, dink, kommunikeer en die wêreld ervaar op ’n eenvoudige en kindervriendelike manier.
Die stel is ontwerp in ’n sagte, speelse styl wat perfek werk vir klaskamers, tuisskool, terapiekamers en leer ruimtes. Dit help om inklusiwiteit te bevorder, gesprekke te begin en kinders te leer dat anders wees nie verkeerd is nie.
Hierdie bundel sluit die volgende temas in,
ADHD
Angs
Outisme
Disleksie
Down Sindroom
Doofheid
Serebrale Gestremdheid
Elke tema sluit ’n seuntjie en dogtertjie weergawe in.
Elke plakkaat is in A4 formaat en ontwerp vir hoë kwaliteit druk.
Laai af, druk en gebruik as deel van jou leeromgewing, bewustheidsdae of klaskamer dekor. Hierdie stel is ’n mooi en betekenisvolle toevoeging tot enige ruimte waar kinders leer en groei.
Geen fisiese produk sal gestuur of afgelewer word nie.
Na betaling sal jy die lêers onmiddellik kan aflaai of dit sal per e-pos aan jou gestuur word.
Lêerformaat: PDF / digitale lêers
Aflewering: Digitale aflaai (geen pos of koerier)
Hierdie produk is bedoel vir persoonlike gebruik en mag nie herverkoop, versprei of gedeel word nie.
Indien jy enige probleme met jou aflaai ondervind, kontak ons gerus by info@phase2online.co.za
Gratis Pudo-aflewering op aankope van R500.00 en meer! Gebruik die kode: [PHASE2GRATIS]
