Maak Afrikaans Taalreëls Pret met Reeks 2 | Gratis Werkblaaie vir Graad 1 tot 3
Help jou kind om Afrikaans taalreëls stap vir stap te bemeester. Een werkblad per dag, prettige aktiwiteite en gratis voorbeeldwerkblaaie om self te probeer.
Vir baie kinders voel Afrikaans taalreëls soos 'n uitdaging. Onderwerpe soos ontkenning, vraagvorme, meervoude en werkwoordtye kan maklik oorweldigend raak wanneer alles gelyk geleer moet word.
Daarom het ons Reeks 2: Taalstruktuur & Taalreëls ontwikkel. Die reeks bestaan uit 10 kleurvolle werkboekies, elk met ongeveer 10 A4-werkblaaie, wat spesiaal ontwerp is vir Graad 1 tot 3 leerders.
Die doel is eenvoudig. Kinders voltooi net een werkblad per dag. So kry hulle genoeg tyd om elke nuwe konsep rustig te verstaan, te oefen en selfvertroue op te bou sonder om oorlaai te voel.
Na ongeveer tien dae het hulle dieselfde onderwerp op verskillende maniere geoefen. Deur herhaling, prettige aktiwiteite en praktiese oefeninge word taalreëls natuurlik vasgelê.
Wat maak hierdie werkboekies anders?
Ons glo kinders leer die beste wanneer hulle aktief betrokke is.
Daarom bevat elke werkboek 'n verskeidenheid aktiwiteite, waaronder:
• eenvoudige verduidelikings
• praktiese oefeninge
• woordsoeke
• speletjies
• kreatiewe tekenaktiwiteite
• skryfopdragte
Hierdie afwisseling hou kinders gemotiveerd en maak leer lekker.
Klein treetjies lei tot groot selfvertroue
Een bladsy per dag klink eenvoudig, maar dit maak 'n groot verskil.
Kinders kry tyd om te dink, te oefen en sukses te ervaar voordat hulle na die volgende werkblad beweeg. Hierdie klein daaglikse oefeninge help om taalvaardighede op 'n natuurlike manier te ontwikkel.
Teen die einde van elke werkboek verstaan hulle die onderwerp baie beter en kan hulle dit met groter selfvertroue toepas.
Leer deur speel
Kinders hoef nie net vrae in te vul nie.
Prettige aktiwiteite soos woordsoeke en ander speletjies maak leer interessant en help om nuwe woorde en taalreëls makliker te onthou.
Kreatiwiteit help kinders onthou
Wanneer kinders moet teken, dink en hul eie voorbeelde skep, gebruik hulle taal op 'n heel nuwe manier.
Hierdie tipe aktiwiteite ontwikkel begrip eerder as net memorisering.
Die volledige Reeks 2 bestaan uit
• Sinne bou
• Tye van Werkwoorde
• Ontkenning
• Vraagvorme
• Aanspreekvorme en Leestekens
• Direkte en Indirekte Rede
• Enkelvoud en Meervoud
• Verkleinwoorde
• Klankverskille
• Homofone en Homonieme
Elke werkboek fokus op een onderwerp sodat kinders stap vir stap kan vorder.
Gratis voorbeeldwerkblaaie
Wil jy eers sien hoe die werkboekies lyk?
Laai ons gratis voorbeeldwerkblaaie af en ervaar self hoe eenvoudig en prettig Afrikaans kan wees.
Beskikbaar as PDF of gedruk
Jy kan kies tussen:
• Digitale PDF's wat jy self kan aflaai en druk.
• Professioneel gedrukte werkboekies wat gereed is om te gebruik.
Ideaal vir:
• Graad 1 tot 3
• Tuisonderrig
• Onderwysers
• Remediërende klasse
• Ouers wat ekstra oefening by die huis wil doen
Soms is die beste manier om te leer om net met een bladsy te begin.
Met Reeks 2 bou kinders elke dag 'n bietjie meer kennis, selfvertroue en liefde vir Afrikaans.
Laai die gratis voorbeeldwerkblaaie hier af of ontdek die volledige Reeks 2 in ons winkel.
Gepubliseer op: 9 Julie 2026
Plantkunde vir Kinders: Kweek ’n Boontjie
Leer kinders hoe plante groei met ’n prettige boontjie-eksperiment. Gratis drukbare aktiwiteit en volledige plantkunde-bundel beskikbaar.
Kweek ’n Boontjie en Leer van Plantgroei
Op soek na ’n prettige en opvoedkundige aktiwiteit vir kinders? ’n Eenvoudige boontjie-eksperiment is die perfekte manier om kinders meer van plantgroei te leer.
Hierdie praktiese aktiwiteit help kinders om self te sien hoe ’n klein saadjie ontkiem en stadig begin groei. Dis ideaal vir kleuters, Graad R, Graad 1–3, tuisonderrig en selfs klaskameraktiwiteite.
Hoekom is plantkunde belangrik vir kinders?
Kinders leer die beste wanneer hulle iets self kan doen, sien en ervaar. Deur ’n boontjie in watte te plant, leer hulle op ’n eenvoudige manier:
Hoe ’n saad ontkiem
Wat plante nodig het om te groei
Die dele van ’n plant
Hoe om waarnemings te maak en veranderinge raak te sien
Hierdie tipe leer bou nuuskierigheid en maak wetenskap lekker.
Hoe plant jy ’n boontjie in watte?
Jy benodig net ’n paar eenvoudige items:
’n Droë boontjie
Watte
’n Glas of plastiekkoppie
Water
Sonlig
Stap 1
Sit ’n bietjie watte onder in ’n koppie.
Stap 2
Maak die watte effens nat met water.
Stap 3
Plaas die boontjie bo-op of teen die kant van die koppie.
Stap 4
Sit die koppie op ’n sonnige plek.
Stap 5
Kyk elke dag hoe jou boontjie begin ontkiem en groei.
Binne ’n paar dae sal jy sien hoe klein wortels verskyn, gevolg deur ’n stingel en blare.
Gratis drukbare aktiwiteit
Om die aktiwiteit nog lekkerder te maak, het ons ’n GRATIS drukbare boontjie-aktiwiteit ontwerp.
Die gratis stel sluit in:
Hoe om ’n boontjie te plant
Oulike inkleurblad
Perfek vir jong kinders wat graag leer deur te speel.
Wil jy die volledige bundel hê?
Ons volledige My Boontjie Groei-joernaal is ook nou beskikbaar.
Hierdie 11-bladsy plantkunde-bundel sluit in:
Plantinstruksies
Groei-joernaal
Wat plante nodig het
Dele van ’n plant
Lewensiklus van ’n boontjie
Waar of Onwaar-aktiwiteit
Meet jou plant
Pas-en-trek-lyn aktiwiteit
Inkleurblad
En meer!
Alles in ’n prettige, kindervriendelike formaat wat leer lekker maak.
By Phase 2 Online glo ons dat leer prakties, kreatief en pret moet wees.
🌱 Plant.
🌱 Leer.
🌱 Groei.
Gepubliseer op: 20 Junie 2026
Hoekom ek “Ons oorweeg tuisskool” geskep het
deur myself Inge Greyling - Tuisskool Mamma en Ontwerper en Skepper van Phase 2 Online
Die laaste paar maande het ek met baie mammas gepraat wat tuisskool oorweeg.
Mammas wat my vra:
Waar begin ek?
Hoe weet ek ek doen dit reg?
Wat as ek iets verkeerd doen?
En elke keer bring daardie gesprekke my terug na my eie begin.
Toe ek self begin het om tuisskool te oorweeg, was ek bang. Nie omdat ek nie omgegee het nie, maar juis omdat ek so baie omgegee het. Ek wou reg doen vir my kinders, maar ek het nie gevoel ek het genoeg kennis of sekerheid nie.
Wat ek toe nodig gehad het, was nie nog inligting of nog planne nie. Ek het iets gesoek wat my net kon gerusstel.
Iets wat sê: Jy hoef nie alles vandag uit te figure nie. Met tyd het ek rustigheid gekry deur gesprekke met ander tuisskoolmammas. Mammas wat eerlik was oor hul ervarings. Mammas wat reeds dinge probeer het en eerstehands kon sê wat werk en wat nie. Daardie ondersteuning het my gehelp om met meer vertroue aan te beweeg.
En dis presies hoekom ek Ons oorweeg tuisskool geskep het.
Nie omdat ek alles weet nie, maar omdat ek weet hoe dit voel om onseker te wees.
Hierdie gids is ’n sagte, praktiese beginpunt vir mammas wat tuisskool oorweeg, maar nie weet waar om te begin nie. Dit is nie ’n vaste leerplan nie en dit gee nie vir jou perfekte antwoorde nie. Dit help jou om jou opsies te verstaan, die geraas stil te maak en jou eie pad te begin bou.
As jy tans op ’n plek is waar jy wonder of tuisskool vir julle gesin kan werk, wil ek jou net dit sê: jou twyfel beteken nie jy is onbevoeg nie. Dit beteken jy gee om.
En jy hoef nie alles vandag uit te figure nie.
As jy voel hierdie gids kan jou help om met rustigheid te begin, kan jy dit vind onder Tuisskool op my webwerf of deur hier te klik:
Gepubliseer op: 22 Februarie 2026
My kind sukkel met Afrikaans waar begin ek in Graad 1 tot 3
Praktiese wenke vir Graad 1 tot 3 ouers wat onseker voel oor Afrikaans
As jou kind met Afrikaans sukkel, is jy nie alleen nie. Baie ouers voel onseker omdat hulle nie weet waar om te begin nie. Moet jy meer lees. Meer skryf. Meer werkkaarte doen. In die meeste gevalle is die probleem nie moeite nie, maar struktuur.
Wanneer Afrikaans nie duidelik opgebou word nie, raak dit verwarrend vir kinders. Hulle leer woorde en reëls, maar verstaan nie hoekom iets reg of verkeerd is nie. Dit lei tot raaiwerk en frustrasie en kinders verloor maklik selfvertroue.
Baie ouers ervaar dit so
• My kind raai antwoorde
• Afrikaans voel deurmekaar
• Skryfwerk neem lank
• My kind raak moedeloos
Een van die grootste foute wat ouers maak, is om alles gelyktydig te probeer leer. Woordsoorte, spelling, sinne en taalreëls word saam aangebied. Vir kinders in Graad 1 tot 3 is dit eenvoudig te veel om op een slag te verwerk.
Waar moet jy begin?
Die beste plek om te begin is by Woordsoorte Reeks 1
Wanneer ’n kind verstaan wat verskillende woorde doen, begin Afrikaans sin maak. Woorde kry rolle. Sinne kry betekenis. Taalreëls raak makliker om te verstaan omdat dit op iets bou wat reeds bekend is.
Hoekom woordsoorte so belangrik is
• Dit help kinders verstaan hoe sinne werk
• Dit verduidelik hoekom iets reg of verkeerd is
• Dit vorm die basis vir alle taalreëls
Sonder ’n goeie begrip van woordsoorte word taalreëls net uit die kop geleer. Met woordsoorte as basis kan kinders dit verstaan en toepas.
Hoe kinders in Graad 1 tot 3 die beste leer
• Hulle leer deur te sien
• Hulle leer deur herhaling
• Hulle leer beter met visuele hulpmiddels
Dis hoekom plakkate en eenvoudige oorsigte so goed werk. Wanneer woordsoorte elke dag sigbaar is, word dit deel van hoe ’n kind dink en leer. Ouers hoef nie elke keer weer alles te verduidelik nie, omdat die leer reeds in die agtergrond gebeur.
My Woordsoorte plakkate is ontwerp om juis hierdie daaglikse herhaling moontlik te maak. Dit gee kinders ’n konstante verwysingspunt en help hulle om sinne beter te verstaan.
Die plakkate kan by ’n lessenaar, muur of leerhoek geplaas word en word elke dag gebruik sonder ekstra voorbereiding.
Gratis voorbeeld blaaie
Wil jy eers sien hoe die reeks werk voordat jy koop. Ek het 4 blaaie uit Woordsoorte Reeks 1 beskikbaar gestel as ’n gratis PDF aflaai.
Hierdie blaaie:
• Wys die uitleg en styl
• Gee ’n gevoel vir hoe die inhoud aangebied word
• Is net ’n voorbeeld uit die volledige reeks
Klik hier om die Gratis Woordsoorte werkblaaie af te laai.
(PDF aflaai)
Ek is nie ’n onderwyser nie kan ek dit reg doen?
Ja. Jy hoef nie lesse te beplan of handboeke deur te werk nie. Met die regte hulpmiddels kan jy elke dag net ’n paar minute fokus en steeds vordering sien.
Sodra woordsoorte begin vaslê, raak taalreëls baie makliker. Dan verstaan kinders hoekom woorde verander en hoekom sinne op ’n sekere manier gebou word.
Wanneer is taalreëls belangrik
• Nadat woordsoorte verstaan word
• Wanneer sinne sin begin maak
• Wanneer lees en skryf vlotter raak
’n Maklike begin vir ouers
• Begin met woordsoorte
• Hou dit visueel
• Herhaal dit gereeld
• Bou eers begrip en werk dan aan taalreëls
Woordsoorte Reeks 1 is ontwerp om ouers ’n duidelike beginpunt te gee en kinders te help om Afrikaans stap vir stap te verstaan. Wanneer daardie fondasie eers vas is, bou Taalstruktuur en Taalreëls Reeks 2 natuurlik daarop voort.
As jou kind tans met Afrikaans sukkel en jy voel onseker, beteken dit nie jy doen iets verkeerd nie. Dit beteken net julle het ’n beter struktuur nodig.
Hierdie Woordsoorte Reeks help ouers om konsekwent te bly sonder om elke dag nuwe lesse te beplan.
Begin met ’n duidelike fondasie vir Afrikaans in Graad 1 tot 3
Taalstruktuur en Taalreëls Reeks 2
Gepubliseer op: 21 Januarie 2026
5 Pret Maniere om Afrikaanse Lees & Taal Tuis te Oefen (sonder trane!)
Tuisonderrig of huiswerk hoef nie ’n geveg te wees nie! As jy sukkel om jou Graad 1–3 kind aan die gang te kry met Afrikaans, is hierdie speelse en praktiese idees presies wat jy nodig het. Hierdie wenke maak leer lekker, kreatief en maklik tuis toepasbaar – en jy kan dit sommer nou begin gebruik!
1. Speel Taal Bingo
Skep of gebruik 'n bingo-kaart met woorde of prentjies (jy kan een by ons aflaai!). Sodra die kind die woord reg lees of noem, mag hulle dit merk. Sodra hulle wen, kry hulle 'n klein beloning – soos ekstra speeltyd of 'n gesigplakker!
2. Lees saam met Plakkers
Gebruik plakkers as motivering – elke keer as hulle ’n sin mooi lees, kry hulle ’n oulike "goed gedoen" plakker of sterretjie. Dit werk ook goed in ’n beloningsgrafiek.
3. Maak sin-snoere
Knip papierstroke en skryf verskillende sinne of woorde daarop. Laat jou kind dit in volgorde sit om 'n storie te bou. Dit is ideaal vir sinbou, woordorde en kreatiwiteit!
4. Skattejag met taal
Sit leidrade in die huis met eenvoudige sinne in Afrikaans: “Soek onder die bed” / “Gaan na die plek waar jy eet”. Die kind volg die sinne tot by ’n verrassing aan die einde!
5. Skep ’n Mini-Boekie
Gebruik eenvoudige vou-en-nie-stap-boekie om hulle eie storie te illustreer en te skryf – met spellingwoorde of hul eie idees.
Afrikaanse taalontwikkeling hoef nie formeel of vervelig te wees nie. Gebruik hierdie speelse idees, en jy sal verbaas wees oor hoe vinnig hulle verbeter – en hoe lekker dit is vir julle albei!
Gepubliseer op: 23 Julie 2025
























