Gratis Pudo-aflewering op aankope van R500.00 en meer! Gebruik die kode: [PHASE2GRATIS]
Voel jy geroep om te tuisskool, maar onseker oor waar om te begin?
Hierdie sagte, praktiese Afrikaanse gids help jou om met rustigheid en vertroue jou eerste stappe in tuisonderwys te neem.
Hierdie gids is geskryf vir die mamma wat tuisskool oorweeg, maar onseker voel.
Vir die mamma wat reg wil doen, maar bang is om iets verkeerd te doen.
Vir die mamma wat voel sy behoort meer seker te wees as wat sy is.
Ons oorweeg tuisskool is nie ’n oorlaaide handboek of ’n rigiede plan nie. Dit is ’n eerlike beginpunt wat jou help om die geraas stil te maak en met groter duidelikheid vorentoe te beweeg.
WAT KRY JY BINNE?
22 hoofstukke wat jou stap vir stap lei
’n Duidelike oorsig van verskillende tipes tuisonderwys
Praktiese leiding oor waar en hoe om te begin
Gratis tuisskoolhulpbronne
Antwoorde op algemene vrae en twyfel
’n Realistiese kyk na tuisonderwys in Suid-Afrika
HIERDIE GIDS HELP JOU OM:
• Minder oorweldig te voel
• Met rustigheid jou eerste besluite te neem
• Jou eie tuisskoolstyl te ontdek
• Te verstaan wat werk en wat nie altyd werk nie
• Te weet jy is nie alleen nie
VIR WIE IS HIERDIE GIDS?
Hierdie gids is vir jou as jy:
WAT HIERDIE GIDS NIE IS NIE
✘ Dit is nie ’n vaste leerplan nie
✘ Dit sê nie vir jou presies hoe jou tuisskool moet lyk nie
✘ Dit beloof nie perfekte dae nie
Dit gee jou ’n fondasie om van af te bou.
Hierdie gids is spesifiek geskryf vir Suid-Afrikaanse mammas, met ons konteks, vrae en realiteite in gedagte.
Geen fisiese produk sal gestuur of afgelewer word nie.
Na betaling sal jy die lêers onmiddellik kan aflaai of dit sal per e-pos aan jou gestuur word.
Lêerformaat: PDF / digitale lêers
Aflewering: Digitale aflaai (geen pos of koerier)
Hierdie produk is bedoel vir persoonlike gebruik en mag nie herverkoop, versprei of gedeel word nie.
Indien jy enige probleme met jou aflaai ondervind, kontak ons gerus by info@phase2online.co.za
Gratis Pudo-aflewering op aankope van R500.00 en meer! Gebruik die kode: [PHASE2GRATIS]
