"We're Busy Building Our Shop! New Items Added Regularly – Explore Fresh Designs and Resources Every Week!"
Klaskamer Dekor Pakket met 'n Helder Reënboog Tema
PDF PRODUK - GEEN FISIESE ITEM
Bring kleur en vreugde na jou klaskamer met ons lewendige en allesomvattende reënboog-tema dekor pakket! Hierdie digitale produk is ontwerp om elke hoek van jou klaskamer te verhelder en ‘n georganiseerde, vrolike omgewing te skep. Die pakket sluit die volgende elemente in:
- Seisoene Plakate: Kleurryke plakate vir elke seisoen om die jaar se veranderinge te vier.
- Emosie Plakate: Visuele hulp om emosies te identifiseer en te bespreek.
- Weer Plakaat & Weerwiel: Hulp om die huidige weerstoestand te verstaan.
- Alfabet Plakate: Elke letter van die alfabet op 'n aparte A4-bladsy.
- Klasreëls {1 A3 Opskrif, 1 A3 blad met al die reëls, 9 x A4 blaaie met 1 reël per blad, 2 blanko A3)
- Nommers 1-100 Plakate: Ideaal vir getalle leer en herkenning.
- Klas Verjaarsdae: Kalender om die verjaarsdae van leerders te vier.
- Vorms en 2D/3D Vorms: Ondersteun die leer van geometriese vorms met visuele hulpmiddels.
- Jaar Kalender: 12 x A4-bladsye vir Januarie tot Desember.
- Dae van die Week: Plakate om die dae van die week duidelik aan te dui.
- Alfabet Letters: Een letter per A4-bladsy in los en vas skrif.
- Bord Dekor: Kleurryke elemente om jou bord op te vrolik.
- Welkomvlaggies: Maklik om op te hang en die klaskamer welkom te laat voel.
- Lessenaarmat: 'n Lessenaarmat met nommers, alfabet 'n links en regs handjie en plek vir leerder se naam.
(Templaat, wat verander kan word)
- Juffrou Dagbeplanning en Weekbeplanning Blad: Hulp om jou dag en week doeltreffend te beplan.
- Klas Rooster: Organiseer en hou by die klas se roetines.
- Boekmerkies: 6 kleurboekmerkies en 6 swart en wit boekmerkies om self in te kleur.
- Naamkaartjies of Merkers: Pas jou klaskamer aan met persoonlike naamkaartjies.
- Happy Birthday Kaartjie: 'n Feestelike kaartjie met voor- en agterkant van juffrou aan haar leerders.
Met hierdie pakket kan jy jou klaskamer in ‘n vrolike en georganiseerde omgewing omskep wat leerders sal inspireer en motiveer.
"We're Busy Building Our Shop! New Items Added Regularly – Explore Fresh Designs and Resources Every Week!"